Saturday, April 5, 2008

Een dag by Mangwanani

En so is ek bevoorreg gewees om ‘n dag saam met my sus by Mangwanani African Day Spa te spandeer. Ek’s steeds nie seker of ek mooi genoeg woorde ken om die ondervinding te kan beskryf nie… een ding is seker, die bekwame hande van die pragtige Afrika-vroue staan vir geen bederf verkeerd nie, van hemelse masserings tot die eenvoudige vriendelikheid van Brenda wat jou hande na jy hulle gewas het sagkens kom afdroog. Janee – I could be a lady of leisure…

Elke stap van die heerlike dag was gevul met die allerlekkerste bederfies en pampering wat jy jou kan indink. Of jy wil de-stress en ontspan en bietjie van die wêreld wil vergeet, of dalk net omdat jy iemand wil bederf en sommer jouself ook, dis ‘n moet, vir manne en vroue.

Ons dag het begin met ‘n lugversorgde mini-busrit kompleet met vonkelwyn en lemoensap. By die spa aangekom word mens deur glimlagte begroet en met die intrapslag met opgewekte Afrika-musiek verwelkom. Dan verklee jy in ‘n sagte katoenjapon en pantoffels (darem met jou swemjurkie onderaan!), en word na jou ontbyttafel begelei. Na ‘n lekker ontbyt (heerlike koffie!) is dit tyd vir die eerste behandeling – body exfoliating. Nou ja, soos my sus opmerk: ek het ook ‘n body brush tuis, maar ek het nie geweet dit kan so goed aangewend word nie! Geborsel en ge-exfoliate en gemoisturise gaan mens terug na die hoofgebou waar jy ‘n drinkdingetjie kry en oor die water tuur (dit gebeur na elke behandeling). Dan na die mineral spa Jacuzzi… buite tussen die bome wat herinner aan ‘n woud in Duitsland. Met vonkelwyn in die hand soak jy jou stadsgeit uit en trek die natuurprag om jou in jou hart in.

Die volgende bederf is by die hands and feet department, eerste die hande – ‘n heerlike scrub en massering van elmboog tot vingerpunte. Ek kon nie help om my te verwonder hoe die vertroeteling van mens se hand jou hele lyf kan laat ontspan nie… dieselfde het gegeld vir die voetbehandeling wat bietjie later gevolg het. Dit met ‘n uitsig oor die dam waarlangs die bokkies loop… Tussen hande en die res was daar ‘n lekker middagete (met wyn natuurlik), waartydens die veelsydige vroue gesing en gedans het – verjaardagwense vir die wat verjaar, in Sotho en Zulu. Ek het nie verstaan wat hulle gesing het nie, maar hul entoesiasme en trots was genoeg om ‘n patriothartsnaar in my SA hart te roer.

Na middagete was die full body massage – met hot stones. Heerlik! Asof dit nie genoeg hemel was nie, volg die scalp and neck massage, waarvoor daar in die taal van Afrikaans nie woorde is nie… Ek dink die terapeut (Moipone) wat my massering gedoen het se hande moet as ‘n kultuurerfenis benoem word! Net voor die laaste behandeling kry mens ‘n kaasbord versnapering, en die laaste (snik) behandeling is ‘n relaxing facial – so relaxing dat mens sommer bietjie dut…

Met ‘n lyf sag, ontspanne en welriekend verklee mens terug in jou eie klere, geniet ‘n Amarula en sjokolade, en die dag is ongelukkig klaar… een ding weet ek beslis – die plek gaan my weer sien, en weer, en weer. ‘Cause I’m worth it!
www.mangwanani.co.za

2 comments:

Muriel said...

Wow Tania dit was nou 'n lekker bederf!

Eugene said...

Klink awesome, vat my saam!!!

en ja, you are totally worth it!!