Sunday, April 6, 2008

Fragment 1

in ‘n oomblik van hartseer
het ek, soos baie sekerlik voor my,
gevind dat my hart
- vasgevat deur die lewe -
saggies in my klop,
want sy het ook geleer
hoe baie sy kan dra
en die tyd wat agter haar lê,
het haar gevul en bly gemaak…

my beker loop oor

No comments: