Thursday, August 7, 2008

Son

Jy laat die son in my hart opkom:
jou warm strale voed my grond;
jou koester sluit my blomtuin oop.

Jy laat die son in my hart opkom:
jou wees by my balsem my seer;
jy bring vreugde na my gemoed.

Jy laat die son in my hart opkom:
jou hande maak lig in my nag,
en wanneer my boot rusteloos ronddobber,
maak jy die storms in my stil.

No comments: