Showing posts with label lewenspad. Show all posts
Showing posts with label lewenspad. Show all posts

Tuesday, April 8, 2008

Brief vir my mede-pelgrim(s)

Ek is bly ek kon jou ruimte deel vanaand:
nie die imtieme ruimte van jou huis nie,
maar die beter ruimte van jou onverdeelde tyd.

Elke keer wat ons paaie kruis is die ongeveinste manier van ons kuier vir my ‘n wonder. Die wandelpaaie van jou gedagtes is ‘n nuwe road less travelled vir my en ek volg graag die kronkels wat tussen jou vlaktes en hoogtes deurbeweeg. So is dit ook dat ek my eie gedagtes uit ‘n ander hoek kan beskou – ‘n perspektief van vindingryke ontdekking en innoverende wendings.

Ek geniet die kere wat my pelgrimstog en joune raak: die uiteenlopendheid van ons paaie maak dit net meer prettig om die wandelstories te deel. Ek hou daarvan om die kodes van die lewenspadkaart saam met jou te probeer uitpluis, met die heerlike wete dat jy nie verwag dat ek die kaart reg moet lees nie. Dis bevrydend om ‘n mede-pelgrim te ken wat ook ‘n kaart moet lees, maar ook nie altyd lus het om dit so te doen nie. Dit maak my eie rebelse ignoreer van my persoonlike padkaart meer gesellig.

Die doel van pilgrim-wees is immers die journey net soveel as die bestemming. Ek dink mens leer soveel meer en route as by die eindpunt. En wie weet, dalk is daar nie regtig ‘n vasgelegde eindpunt nie. Dalk is daar net die heerlike kronkels en draaie van die weg wat mens loop. En is die lekkerste plesiere van menswees opgesluit in die lewensreis self.