Saturday, May 3, 2008

My hart is ‘n see

My hart is ‘n see,
het ek een aand vir jou gesê.
Die branders van voel
breek nog steeds teen die rotse
en strande van my kop.

Ek het geweet as jy jou daarin begewe
sal jy moet swem of sink.
Maar jy het
- gelukkig vir jou -
gekies om weg te gaan
- ver weg.

Weg van die golwe van my hart;
weg van die sout van my waters.
Vir ewig weg van die wateraltare van my siel.

No comments: